Opleiding vir regsassistente

Ons bied die volgende twee kategorieë opleidingskursusse vir regsassistente aan:

  1. Algemene kursusse
  2. Gespesialiseerde kursusse
     
Algemene kursusse

Algemene kursusse bestaan uit drie inleidende kursusse wat die grondslag lê vir 'n regsassistent se begrip van die reg en die formele regsomgewing waarin hy of sy sal werk.  Ons bied aan:

Gespesialiseerde kursusse

Die gespesialiseerde kursusse is ’n aantal gevorderde praktiese kursusse op die volgende gespesialiseerde regsterreine:

Hierdie kursusse kan afsonderlik en in enige volgorde geneem word.  Elke kursus dek ’n hoogs gespesialiseerde terrein.

Sertifikate vir professionele regsassistente

’n Sertifikaat sal by suksesvolle voltooiing van ’n kursus uitgereik word.  Die twee tipes sertifikate is:

  • Sertifikaat vir Professionele Regsassistente (Algemene kursusse)
  • Hoër Sertifikaat vir Professionele Regsassistente (Gespesialiseerde kursusse)

 

Praktiese waarde van hierdie kursusse

Sowel Algemene as Gespesialiseerde kursusse bied beroepsopleiding by uitnemendheid.  Ons opleiding berei jou voor vir jou praktiese dag-tot-dag-pligte as ’n regsassistent in verskeie gespesialiseerde rolle in ’n prokureursfirma, as ’n sekretaris vir ’n advokaat, of as ’n regsassistent wat saam met ’n regspraktisyn in ’n groot korporatiewe instelling of in die openbare sektor werk.

Geskiedenis en ontwikkeling

Met uitsondering van twee gespesialiseerde kursusse, naamlik Aktevervaardiging vir sekretaresses en Siviele litigasie, is al ons kursusse óf splinternuut óf heeltemal herontwerp.  Sedert ons totstandkoming in 1994 kry ons deurgaans praktiese erkenning van prokureurs en regsfirmas dwarsoor die land.  Hulle erkenning van die werklike intrinsieke waarde en die hoë gehalte van die opleiding wat ons bied, is grotendeels verantwoordelik vir ons deurlopende sukses.

Die nuwe en herontwerpte kursusse vir regsassistente is geskoei op dieselfde wenresep as ons vlagskipkursusse, soos Opleiding vir prokureurseksamens, Praktiese kursusse vir prokureurs en Aktevervaardiging vir sekretaresses, wat ons al langer as 20 jaar aanbied.

 

Wat maak ons kursusse uniek?
  1. Hulle is prakties en gebruikervriendelik.
  2. Hulle is uniek deurdat hulle die reg toeganklik maak.
  3. Hulle word hoog aangeslaan en is in aanvraag binne die regsgemeenskap.

Vir meer inligting, kyk na die kwelvrae.

×

Join Telegram group

 
Select one or more group/s by pressing ctrl and clicking on the desired group/s you wish to join.
 
×

Admission Application Template Pack

Fill out this form to download your FREE copy of our template pack for the application to be admitted as legal practitioner.

The template pack includes:

  • A checklist for the application for admission in terms of the Legal Practice Act
  • A list of requisite annexures
  • A template for the notice of motion
  • A template for the founding affidavit
  • A template for the supporting affidavit