Algemene kursusse

Hierdie kursus is slegs in Engels beskikbaar.

Ons algemene kursusse bestaan uit drie inleidende kursusse wat die grondslag lê vir ’n regsassistent se begrip van die reg en die formele regsomgewing waarin hy of sy sal funksioneer, naamlik:

  • Module 1 - Legal practice
  • Module 2 - South African law
  • Module 3 - Practical legal skills
Module 1: Legal practice

Module 1 – 'Legal practice' – bestaan uit vyf onderwerpe wat die grondslag lê vir enige regsassistent se begrip van die formele regsomgewing waarbinne hy of sy gaan werk, naamlik:

  • Regsprofessie – verduidelik loopbaangeleenthede in die private en die openbare sektor;
  • Prokureurskantoor – verduidelik die personeel, toerusting, liasseerstelsels en registers wat in ’n regspraktyk gehou word;
  • Hofstruktuur – bespreek die regbank, jurisdiksie en hofstruktuur in Suid-Afrika;
  • Kommunikasie – deel gedagtes oor kommunikasie in ’n formele regsomgewing; en
  • Regsrekeninge – sluit af met ’n basiese kennis van die unieke rekeningkundige beginsels wat in ’n regspraktyk geld.

Hierdie onderwerpe dek die minimum wat ’n ambisieuse regsassistent behoort te weet.  Hierdie kennis sal jou help om vinnig te vorder in jou loopbaan as ’n regsassistent in die formele regsomgewing, hetsy in ’n prokureurskantoor of elders.

Aanbeveling: Ons beveel aan dat jy hierdie module voltooi voordat jy na ons kursusse oor siviele litigasie en skuldinvordering oorgaan as jy geen voorafkennis van regspraktyk het nie.

Kursusinhoud
  • Legal profession
  • Attorney's office
  • Court structure
  • Communication
  • Legal accounts

Lees hier meer oor die kursusinhoud.

Module 2: South African law

In Module 2 – South African law – gaan jy leer wat die reg is, waar dit vandaan kom, waar om bronverwysings te vind, hoe dit geklassifiseer word, hoe dit ontwikkel, hoe dit funksioneer en wat die basiese beginsels is.  Aan die einde van hierdie module sal jy die noodsaaklike kennis opgedoen het wat professionele regsassistente (pararegslui) wat in die formele regsomgewing werk, benodig.  Hierdie module is ’n baie goeie manier om vaardighede op te gradeer of om te verseker dat jy die basiese kennis van die Suid-Afrikaanse reg het wat nodig is om met selfvertroue in ’n regsfirma te funksioneer.

Kursusinhoud
  • The law
  • History of our law
  • Classification of the law
  • Sources of the law

Lees hier meer oor die kursusinhoud.

Module 3: Practical legal skills

Module 3 – Practical legal skills – bestaan uit verskeie algemene onderwerpe wat 'n regsassistente moet ken wanneer hulle saam met ’n regspraktisyn werk.  Die doel is om jou toe te rus met ’n aantal nuttige en praktiese wenke wat jou sal help om ingelig te wees en goed te funksioneer in ’n formele regsomgewing.

Kursusinhoud
  • Legal jargon
  • Professional conduct
  • Prescription
  • Correspondents
  • File mangagement
  • Court procedures
  • Matrimonial property law
  • Wills and intestate succession
  • FICA
  • POPIA
  • CPA

Lees hier meer oor die kursusinhoud.

Wie moet dit bywoon?

Regsassistente wat reeds in ’n prokureurskantoor werk of wat van voorneme is om ’n loopbaan in so ’n kantoor of in die formele regsomgewing aan te pak.

Logistiek
  • Elke module in hierdie kursus word aanlyn aangebied oor 4 uur vanaf 08:00 tot 12:30.
  • Modules kan afsonderlik en in enige volgorde geneem word.
  • Lesings kan aanlyn bygewoon word, deur opnames te bekom of deur selfstudie.
  • Wanneer jy opnames kies, volg die instruksies in jou registrasiebevestiging-e-pos om toegang te versoek om opnames aanlyn te sien.  Opnames kan enige tyd bekyk word sodra jy aanmeldbesonderhede ontvang het.  Opnames is slegs vir ’n beperkte tyd (2 weke) beskikbaar; raadpleeg asseblief jou registrasiebevestigingsbrief vir meer inligting.
  • Die aanbieding sluit ’n omvattende naslaanhandleiding in.
  • Die materiaal word in ’n interaktiewe formaat aangebied, met ’n evaluering wat suksesvol voltooi moet word om jou te kwalifiseer om jou sertifikaat te ontvang.
Ons belofte
  • Dit is ’n uitstekende inleidende kursus vir regsassistente wat nuut is in die regsomgewing of reeds daar werk.
  • Dit is ’n baie goeie manier om vaardighede op te gradeer of om te verseker dat jy die basiese kennis van die Suid-Afrikaanse reg het wat nodig is om met selfvertroue in ’n regsfirma te werk.
  • Jy sal wegstap met ’n begrip van loopbaangeleenthede binne die regsprofessie, van hoe ’n prokureurskantoor bestuur word, hofstruktuur, effektiewe kommunikasie in ’n prokureurkantoor, en die basiese beginsels van regsboekhouding (Module 1).  Jy sal ’n basiese kennis van die Suid-Afrikaanse reg hê (Module 2). Jy sal ’n aantal nuttige regsvaardighede aanleer om in jou daaglikse werkplek toe te pas (Module 3).
Waarvoor wag jy?
×

Join Telegram group

 
Select one or more group/s by pressing ctrl and clicking on the desired group/s you wish to join.
 
×

Admission Application Template Pack

Fill out this form to download your FREE copy of our template pack for the application to be admitted as legal practitioner.

The template pack includes:

  • A checklist for the application for admission in terms of the Legal Practice Act
  • A list of requisite annexures
  • A template for the notice of motion
  • A template for the founding affidavit
  • A template for the supporting affidavit