Akte-eksamen Werkswinkel

    Sidebar Announcements

    Announcements

    Exam dates as set by LPC
    Paper 1: 11 November
    Paper 2: 18 November

    Exams may be taken in English or Afrikaans

    Daardie laaste lopie

    Die eksamendatum is om die draai en jy gebruik seker elke af tydjie om voor te berei. Maar wag 'n bietjie, moenie alleen swoeg nie. Woon ons twee-dag afrondingswerkswinkel by om die wa finaal deur die drif te kry. 

    TWEE-DAG AFRONDINGSKURSUS | 8:00-13:00

    Interaktiewe aanlynsessie op Zoom

    SPESIALE AANBIEDING VIR BESTAANDE KLIËNTE

    Kursusinhoud

    Kan die werkswinkel vir my iets beteken?

    • Ja, as jy reeds vir die eksamen voorberei het, maar nog bietjie onseker is oor die opstel van dokumente of ander vrae het.

    • Ja, as jy saam met 'n groep deur vorige vraestelle wil werk.

    • Ja, as jy die eksamen voorheen sonder sukses geskryf het.

    • Ja, as jy voorheen vir die eksamen voorberei het, maar nie kon gaan skryf nie.

    • Ja, as jy daardie finale bevestiging wil hê dat jy goed voorbereid is.

    Kursusinhoud

    'n Selfvertroue-inspuiting

    Gegewe deeglike voorbereiding, glo ons dat 'n groot deel van eksamensukses psigologies is - met ander woorde, 'n goeie dosis selfvertroue. Met hierdie werkswinkel gee ons jou daardie finale hupstoot deur jou te help om die laaste onsekerhede uit te stryk. Ons gaan saam met jou deur vorige vraestelle en antwoord enige laaste vrae wat pla. Siende dat ons oortuig is daarvan dat ons Kursus in Aktepraktyk voldoende voorbereiding is vir die eksamen, is die doel van hierdie werkswinkel om jou psigologies op 'n goeie plek te laat, met die selfvertroue dat jy oor alles beskik om die eksamen met vlieënde vaandels te slaag. 

    NS Deeglike voorbereiding vir die eksamen is 'n voorvereiste. Indien jy nie die Kursus in Aktepraktyk gedoen het nie, maar onafhanklik voorberei het, is jy steeds welkom om die werkswinkel by te woon. 

    Kursusinhoud

    Waarvoor wag jy?

    Registreer Nou

    ×

    Join WhatsApp group

     
    Select one or more group/s by pressing ctrl and clicking on the desired group/s you wish to join.