Welgedaan met jou sukses in die akte-eksamen! (En ons hou duim vas as dit nog vir jou voorlê.)
Ons almal weet dat dit een ding is om die eksamen te slaag en iets heeltemal anders om met selfvertroue te begin praktiseer. Juis daarom sal hierdie blitskursus jou in haarfyn besonderhede die praktiese kant van aktevervaardiging leer.
Prakties
- Hierdie kursus is voorwaar enig in sy soort - die volle fokus is op jou dag-tot-dag take as aktevervaardiger, dus op die praktyk.
- Ons illustreer hoe die teorie in aktepraktyk toegepas word op die twee bene van die praktyk - transportaktes en verbande.
- Jy ontvang ook omvattende handleidings wat transportaktes en verbandregistrasies en -kansellasies van kop tot tone uiteensit - al die pad vandat jy die lêer oopmaak tot sy finale afsluiting.
- Ons lei jou daarin om 'n bewese sisteem in jou kantoor op te stel.
- Jy doen waardevolle kennis op oor die finansiële aspekte van 'n transportakte.
- Die kersie op die koek is dat hierdie handleidings nou joune is om in jou kantoor te gebruik.
Teorie
- Die teoretiese afdeling bestaan uit 'n stel notas met die teorie wat van toepassing is op hierdie kursus. Ons neem egter aan dat jy, as nuut-toegelate aktebesorger, oor 'n basiese begrip van die teoretiese sy van aktepraktyk beskik.
- Hierdie afdeling dien as agtergrond en word nie tydens die lesings bespreek nie.
- Registreer vroegtydig om jou notas lank vooraf te ontvang. Sodoende is jy in staat om jou geheue te verfris aangaande die teorie alvorens die kursus afskop.
Opsie A: Praktiese Transportaktes | 4 oggendsessies
Opsie B: Praktiese Verbande | 3 oggendsessies
Opsie C: Beide A en B | 7 oggendsessies
Jy ontvang 2 kykgeleenthede.
Option A: Praktiese Transportaktes | 4 weke om na opnames te kyk
Option B: Praktiese Verbande | 3 weke om na opnames te kyk
Option C: Beide A en B | 7 weke om na opnames te kyk
- Hierdie kursus is gepas vir enige iemand wat met aktes werk, of jy deel is van 'n span of jou eie praktyk wil begin.
- Hierdie kursus sal jou kennis verfris as jy asl jare lank praktiseer.
- Die kursus is prakties ingestel, maar as jy nog nie die akte-eksamen geskryf of geslaag het nie, sal hierdie kursus ook jou help voorberei.
- Niks kan die waardevolle ervaring wat jy in die werksplek opdoen, vervang nie, maar ons kursus sal vir jou 'n vastrapplek gee sodat jy vinniger en meer effektief te werk kan gaan.
- Ons sal jou toerus met 'n bewese sisteem wat vir jou die selfvertroue sal gee wat jou aktepraktyk nodig het.
- Is jy 'n nuut-toegelate aktevervaardiger, 'n enkelpraktisyn wat sonder 'n akte-sekretaresse werk, of die een wat die aktedepartement in 'n gevestigde firma bedryf? Dan sal hierdie kursus jou lewe baie baie makliker maak.