Aktekursus vir sekretaresses

Hierdie kursus was oorspronklik “Aktepraktyk vir Tiksters” genoem, maar tye het verander. ‘ n Toenemende aantal mans doen nou ook hierdie werk. Daarom is die nuwe titel “regsassistent” of “paralegal” meer gepas as “sekretaresse” of “tikster”.  Die terme “aktetikster” of “sekretaresse” sal daarom nog vir ‘n baie lang tyd met ons wees.

Hierdie is die vlagskip van ons gespesialiseerde kursusse vir regsassistente (paralegals).  Dit is ook een van ons oudste kursusse.  Dit word reeds sedert 1999 aangebied.  Ons het honderde aktetiksters oor die jare opgelei.  Die hele kursus is in 2020 herontwerp.  Dit is en bly steeds ‘n unieke kursus, enig in sy soort.

Jy kan nou kies tussen twee trajekte - een in Transporte (aktes) en die ander in Verbande en só kan jy die leer stap vir stap klim.  Die vlakke bou op mekaar, wat beteken dat jy meer en meer bekwaam raak soos wat jy die vlakke bemeester.  Dit beteken ook dat wanneer jy ‘n nuwe vlak aanpak, al die laer vlakke in daardie trajek ‘n voorvereiste is.

 

Transport-trajek

As jy in transportaktes werk, is hierdie die trajek vir jou.

Vlak 1 Teorie - Transportaktes (2 oggende)
Vlak 1 Praktiese gevallestudie - Transportaktes (3 oggende)

Vlak 1 is verpligtend om te vorder na Vlak 2:

Vlak 2 Teorie - Deeltitels (1 oggend)
Vlak 2 Praktiese gevallestudie - Deeltitels (3 oggende)

NUUT! Beide praktiese gevallestudies bevat die nuutste inligting, wetgewing en prosedures.

Kyk hier na die kursusinhoud vir die transport-trajek

Vlak 1 Teorie - Transportakte

  • Algemene agtergrond
  • Koopooreenkomste
  • Transportakte
  • Oordragprosedure
  • Volmag

Vlak 1 Praktiese gevallestudie - Transportakte

  • Nadat jy die teorie bestudeer het, doen jy 'n praktiese gevallestudie oor die registrasie van 'n konvensionele transportakte waar hereregte van toepassing is.  Die idee is om vir jou in breë trekke te wys hoe die teorie in die praktyk toegepas word deur volledig deur die prosedures te werk vanaf instruksie ontvang is (sluit ook finansiele prosesse in) tot finalisering van jou saak. 

Vlak 2 Teorie - Deeltiteloordragte

  • Toepassing van die Wet op Deeltitels
  • Daarstelling van 'n deeltitelskema
  • Opening van 'n deeltitelregister
  • Oordrag van 'n deeltiteleenheid
  • Transportbesorger se verantwoordelikhede
  • Mede-eienaarskap van ‘n eenheid
  • Uitsluitlike gebruik van gemeenskaplike eiendom (artikel 22)
  • Deelverbande

Vlak 2 Praktiese gevallestudie - Deeltiteloordragte

Nadat jy die teorie bestudeer het, doen jy 'n praktiese gevallestudie oor die registrasie van 'n deeltitelakte waar BTW van toepassing is.  Die idee is om vir jou in breë trekke te wys hoe die teorie in die praktyk toegepas word deur volledig deur die prosedures te werk vanaf instruksie ontvang is (sluit ook finansiële prosesse in) tot finalisering van jou saak. 

Vlak 3 Boedeloordragte

Hierdie sertifikaat is slegs beskikbaar in Engels.

  • Partybeskrywings
  • Artikel 41(1) & 42(2) sertifikate
  • Verkoping van boedeleiendom
  • Vererwing van boedeleiendom
  • Artikel 18(3) Boedels
  • Administrasie van swart boedels
  • Boedeloordragendossemente
  • Toepaslike bepalings van die Boedelwet
  • Eksekusie transporte
Ekstras vir transportaktes

Vlak 1 & 2 is verpligtend vir hierdie twee opsionele ekstras:

Vlak 3 Boedeloordragte (slegs in Engels beskikbaar)
(Vlak 1 en 2 beide 'Teorie' en 'Praktiese gevallestudie' is voorvereistes) (3 volle dae)

en/of

Vlak 3 Verbande & kansellasies
(2 volle dae)

Verbande-trajek

As jy in verbandregistrasies en kansellasies werk, is hierdie die plek vir jou.

Vlak 1 Teorie - Transportakte (2 oggende)
Vlak 2 Teorie - Deeltitels (1 oggend)
Vlak 3 Verbande & kansellasies (2 volle dae)

(Vlak 1 Teorie en Vlak 2 Teorie is dieselfde vir die Transport-trajek en die Verbande-trajek)

Kyk hier na die kursusinhoud vir die verbande-trajek

Vlak 1 Teorie - Transportakte

  • Dieselfde inhoud as Vlak 1 Teorie van die Transport-trajek.

Vlak 2 Teori - Deeltiteloordragte

  • Dieselfde inhoud as Vlak 2 Teorie van die Transport-trajek.

Vlak 3 Verbande & kansellasies

  • Leningsaansoekprosedure
  • Ontleding van 'n verbandakte
  • Verbandregistrasieprosedure: Gelyktydige transport
  • Verbandregistrasieprosedure: Verbandoorname
  • Verbandregistrasieprosedure: Verderede verbande
  • Nuttige wenke
  • Verbandprosedure by verskillende soorte verbande
  • Verbandkansellasieprosedure
  • Toestemmings - Regulasie 39
  • Sessie van 'n verband
  • Gades getroud binne gemeenskap van goed - Artikel 45
Zoom-lesings

Vir dié wat beter vaar met interaksie en wil baat by die gefokusde studieleiding van ons hoogs bekwame dosente.

Sluit notas in.

Zoom-lesings word tot 20 deelnemers beperk om 'n persoonlike en interaktiewe klassamestelling te verseker.

Oggendsessies | 08:00-13:00

Vlak 3 Verbande, 08:00-15:00

Spaar met ons vroeë registrasiefooi.

Kyk hier na die voordele van ons notas en lesings
  • Ons notas is omvattend, tog heerlik gebruikersvriendelik.
  • Ons bespreek beide teorie en praktiese gevallestudies ter illustrasie van hoe die teorie in praktyk toegepas word.
  • Ons kursus is nie rekenaargebaseer waar ons jou leer om op al die regte plekke te kliek nie. Nee, ons leer jou die akteteorie onderliggend tot dit wat jy op die rekenaar doen - die waardevolle wat, wie, waar, wanneer en hoekom - soos in die ou dae.
  • Die notas beloof om nuttige handleidings by die werksplek te word.
  • Lesings is ontspanne en die notas en voorbeelde vorm die basis vir bespreking.
  • Daar is oopboek-evaluasies om vas te stel of jy die werk verstaan en in staat is om jou kennis in die praktyk toe te pas.
  • Lesings en notas vir die is beskikbaar in Engels en Afrikaans (behalwe Vlak 3 Boedels, wat slegs in Engels beskikbaar is).
  • Jy mag die Afrikaans lesings bywoon met Engelse notas of die Engelse lesings met Afrikaanse notas, op voorwaarde dat jy dit duidelik aandui wanneer jy registreer.
Opnames

Vir diegene wat nie Zoom-lesings kan bywoon nie of verkies om teen hul eie tempo te werk.

Geen registrasie afsnydatum nie.

Identiese studienotas as die notas vir Zoom-lesings/selfstudie. 

2x kykgeleenthede per video.

Werk teen jou eie pas tot 'n maksimum van 4 weke per sertifikaat:

Vlak 1 - Transport-trajek - 4 weke om voor te berei vir teorie-evaluerings en 4 weke om voor te berei vir praktiese evaluering

Vlak 2 - Transport-trajek - 4 weke om voor te berei vir teorie-evaluerings en 4 weke om voor te berei vir praktiese evaluering

Vlak 1-2 - Transport-trajek - 16 weke om voor te berei vir teorie-evaluerings en om voor te berei vir praktiese evaluering

Vlak 3 - Verbande / Boedeloordragte - 4 weke om voor te berei vir een ​​evaluering

Vlak 1, 2, 3 - Verbande-trajek - 12 weke om voor te beir vir teorie-evaluerings 

Kyk hier na die voordele van ons notas en lesings
  • Ons notas is omvattend, tog heerlik gebruikersvriendelik.
  • Ons bespreek beide teorie en praktiese gevallestudies ter illustrasie van hoe die teorie in praktyk toegepas word.
  • Ons kursus is nie rekenaargebaseer waar ons jou leer om op al die regte plekke te kliek nie. Nee, ons leer jou die akteteorie onderliggend tot dit wat jy op die rekenaar doen - die waardevolle wat, wie, waar, wanneer en hoekom - soos in die ou dae.
  • Die notas beloof om nuttige handleidings by die werksplek te word.
  • Lesings is ontspanne en die notas en voorbeelde vorm die basis vir bespreking.
  • Daar is oopboek-evaluasies om vas te stel of jy die werk verstaan en in staat is om jou kennis in die praktyk toe te pas.
  • Lesings en notas vir die is beskikbaar in Engels en Afrikaans (behalwe Vlak 3 Boedels, wat slegs in Engels beskikbaar is).
  • Jy mag die Afrikaans lesings bywoon met Engelse notas of die Engelse lesings met Afrikaanse notas, op voorwaarde dat jy dit duidelik aandui wanneer jy registreer.
Selfstudie

Vir dié wat nie in staat is om die kursus by te woon nie of eerder teen hulle eie tempo wil werk.

Geen registrasie-afsnydatum nie.

Identiese studienotas aan dié van die Zoom-lesings.  Dit sluit slegs notas in en geen aanlyn interaksie of opnames nie.

Werk teen jou eie pas tot 'n maksimum van 4 maande per sertifikaat.

Vlak 1 - Transport-trajek - 4 maande om voor te berei vir teorie-evaluerings en om voor te berei vir praktiese evaluering 

Vlak 2 - Transport-trajek - 4 maande om voor te berei vir teorie-evaluerings en om voor te berei vir praktiese evaluering 

Vlak 3 - Verbande / Boedeloordragte - 2 maande om voor te berei vir teorie-evaluerings

Kyk hier na die voordele van ons notas en lesings
  • Ons notas is omvattend, tog heerlik gebruikersvriendelik.
  • Ons bespreek beide teorie en praktiese gevallestudies ter illustrasie van hoe die teorie in praktyk toegepas word.
  • Ons kursus is nie rekenaargebaseer waar ons jou leer om op al die regte plekke te kliek nie. Nee, ons leer jou die akteteorie onderliggend tot dit wat jy op die rekenaar doen - die waardevolle wat, wie, waar, wanneer en hoekom - soos in die ou dae.
  • Die notas beloof om nuttige handleidings by die werksplek te word.
  • Lesings is ontspanne en die notas en voorbeelde vorm die basis vir bespreking.
  • Daar is oopboek-evaluasies om vas te stel of jy die werk verstaan en in staat is om jou kennis in die praktyk toe te pas.
  • Lesings en notas vir die is beskikbaar in Engels en Afrikaans (behalwe Vlak 3 Boedels, wat slegs in Engels beskikbaar is).
  • Jy mag die Afrikaans lesings bywoon met Engelse notas of die Engelse lesings met Afrikaanse notas, op voorwaarde dat jy dit duidelik aandui wanneer jy registreer.
Ons sertifikate is uniek
  • Alle lesings word deur 'n hoogs bekwame senior aktekonsultant aangbied - wie dan beter om vir jou die binnewerk van aktes te leer?
  • Die sertifikate stel jou nou in staat om jou gesertifiseerde vaardighede ten toon te stel en om te spesialiseer in die trajek van jou keuse.
  • Ons sertifikate het 'n hoë aansien onder aktevervaardigers en het ons kliënte al male sonder tal bevoordeel oor die jare heen.  Dit was die eerste van sy soort en het die industriestandaard gestel vir die opleiding van akte-assistente.

 

Ontvang Goue Sertifikate as bewys van jou bekwaamheid
 

Nadat jy elke vlak se evaluasie suksesvol voltooi het, ontvang jy 'n Silwer Sertifikaat. Maar dit hoef nie daar te stop nie. Jy kan jou vaardighede waarlik laat uitsaan en jou bekwaamheid bewys deur ‘n Goue Sertifikaat vir elke vlak te verdien.

Jy sien, ‘n Goue Sertifikaat word uitgereik wanneer ons ‘n verklaring van jou werkgewer ontvang wat bevestig dat jy onafhanklik en foutloos ‘n seker voorafbepaalde taak, verwant aan die betrokke vlak, voltooi het.

Hierdie Goue Sertifikate is sonder twyfel ‘n hoogs uitsonderlike toekenning – iets om met reg op trots te wees. Ons van heeltemal daarvan oortuig dat jy met so ‘n Goue Sertifikaat met toe oë aangestel kan word.

*'n Administrasiefooi is betaalbaar vir elke Goue Sertifikaat wat aangevra word.

 

Evaluasies

Die evaluasies is in die vorm van oopboektoetse.  Ons is nie daarop uit om te sien wat jy alles kan memoriseer nie, maar om jou te help om die kennis wat jy tydens die lesings ontvang in die praktyk toe te pas.  Jy het jou notas byderhand - net soos wat dit sal wees in die kantoor.

Laat asseblief genoeg tyd toe om die evaluering te voltooi na afloop van die teoretiese en praktiese lesse.  Jy het 24 uur om dit te doen.  Dit word aanbeveel dat jy met jou werkgewer reël om jouself genoeg tyd te gee om die evaluering te voltooi sodra jy dit na die les ontvang het indien jy nie daartoe kan verbind om die evaluering buite werksure te voltooi nie.

 

 
Ons belofte
  • Na afhandeling van ons sertifikate sal jy touwys wees oor die teorie en praktyk van toepassing op verskillende vlakke van 'n aktesekretaresse se werk
  • Jy sal bemagtig word. In die eerste plek deur waardevolle nuwe kennis op te doen om jou loopbaan vorente te dryf, en in die tweede plek deur sertifikate te verdien wat landswyd hoë aansien in die regsprofessie geniet
  • Jy sal in staat wees om jou werk met groot selfvertroue te doen en sodoende 'n hoogs produktiewe werknemer vir jou werkgewer word.
 
Waarvoor wag jy?
×

Join Telegram group

 
Select one or more group/s by pressing ctrl and clicking on the desired group/s you wish to join.
 
×

Admission Application Template Pack

Fill out this form to download your FREE copy of our template pack for the application to be admitted as legal practitioner.

The template pack includes:

  • A checklist for the application for admission in terms of the Legal Practice Act
  • A list of requisite annexures
  • A template for the notice of motion
  • A template for the founding affidavit
  • A template for the supporting affidavit