Hierdie kursus word slegs in Engels aangebied.
Deur hierdie kursus by te woon en jou bevoegdheid tydens hierdie kursus te toon, sal jy ’n sertifikaat ontvang wat jou in staat sal stel om by die RPR aansoek te doen vir die –
- reg van verskyning in die Hooggeregshof (a 25(3)); of
- omskakeling van prokureur na advokaat (a 32(1)(a)).
- Alternatiewelik is dit die ideale kursus om jou bekwaamheid op die gebied van verhoorberedenering op te skerp. Kandidaatprokureurs kan dit dus ook bywoon as hulle net op hierdie gebied wil vorder en nie die reg van verskyning in die hooggeregshof of 'n omskakeling van prokureur na advokaat beoog nie.
Effektiewe verhoorberedenering vereis groot vaardigheid. Dit is die doel van hierdie RPR-geakkrediteerde kursus om jou te help om die noodsaaklike hofsaalvaardighede te ontwikkel wat nodig is om jou saak suksesvol tydens ’n verhoor te stel. Verhoorprokureurs moet werk met die gereedskapstel van beskikbare feite, maar dit is net die effektiewe prokureur wat 'n voortreflike prentjie tydens verhoor kan skets.
Ons kursus bied ’n teorie-gedrewe benadering tot beredenering met behulp van praktiese oefeninge en voorbeelde. Dit sal jou help om ’n wensaakteorie te ontwikkel en om dit effektief te gebruik tydens elke fase van die verhoor, insluitend die inleidende verklaring, getuie-ondervraging en die slotbetoog.
Dr Willem Gravett sal verduidelik hoe om jou saak as ’n boeiende verhaal voor te stel, en hoe om daardie verhaal in die hof oortuigend en treffend te vertel. Ons sal die retoriese tegnieke ondersoek wat die oortuigende kwaliteit van beredenering bevorder, asook die basiese beginsels van die formulering van effektiewe vrae.
Hierdie kursus kyk in diepte na elke fase van die verhoor – inleidende verklaring, hoofondervraging, kruisondervraging en slotbetoog – en aan die hand van praktiese voorbeelde uit die werklike lewe ontleed ons die fundamentele beginsels en strategieë wat nodig is vir sukses in die hofsaal. Aan die einde van hierdie kursus met kontakaanbieding sal jy die vaardighede verwerf het wat nodig is om beredeneringsvaardighede op ’n effektiewe, samehangende en bowenal oortuigende manier toe te pas
Onervare en ervare prokureurs en advokate.
- Die kursus word op vyf werksdae in Pretoria (Lynnwood) of Kaapstad aangebied. Of jy kan bywoon in Pretoria op vyf Saterdae. Alle lesings vind vanaf 08:00 tot 16:00 plaas.
- Persoonlike bywoning sal beperk word tot 20 mense. Registreer vroegtydig om jou sitplek te verseker.
- Die aanbieding sluit ’n omvattende handleiding in.
- Op die laaste dag van die kursus sal jou prestasie in ’n skynverhoor deur die dosent en ’n moderator beoordeel word om te bepaal of jy voldoende vaardigheid in verhoorpraktyke toon om die reg van verskyning in die Hooggeregshof te regverdig. Hulle besluit sal finaal wees.
- Hierdie kursus is ’n goeie manier om jou vaardigheid en kennis van verhoortegnieke uit te brei en te verbeter.
- Jy sal die praktiese vaardighede en teoretiese agtergrond verwerf wat nodig is om ’n meer bekwame en effektiewe verhoorprokureur te word.