Vertel my meer
Na ‘n kwarteeu van ononderbroke professionele opleiding, het 2020 ‘n nuwe seisoen van opwindende ontwikkelings vir ons aangekondig. Jy sien, die Sentrum vir Aktepraktyk, gestig in 1994, en die Skool vir Regsopleiding, gestig in 2012, het vroeg in 2020 begin handeldryf onder een nuwe handelsmerk – die Gawie le Roux Regsinstituut.
Dit het alles in 1994 begin toe Gawie sy pen en papier nader getrek het en die unieke en hoogs suksesvolle Selfstudie Aktekursus te voorskyn gebring het. Hy was deeglik bewus van die akte-eksamen se hoë eise en was daarvan oortuig dat sy omvattende stel notas effektiewe voorbereiding sou bied wat sy kliënte in staat sou stel om die eksamen met vlieënde vaandels te slaag. Kort voor lank het die besigheid gegroei tot die enigste tweetalige en grootste privaat opleidingsinstelling in akte- en notariële praktyk in Suid-Afrika.
Soos die jare verbygegaan het, het ons versameling kursusse stelselmatig uitgebrei met die toevoeging van unieke diplomas vir sekretaresses en regsassistente, ‘n praktiese kursus in aktevervaardiging, ‘n akte-eksamen werkswinkel, ‘n kursus in notariële praktyk, intensiewe voorbereidingskursusse vir die prokureurstoelatingseksamens, en ‘n noemenswaardige hoeveelheid seminare oor verskeie regsonderwerpe. Die goue draad wat deur al ons kursusse en seminare verweef is, is die buitengewone kwaliteit van ons notas en handleidings. Hiermee streef ons om elkeen wat in die regsberoep werk te bemagtig om die skoonheid van die reg te aanskou.
Ons is van mening dat die reg nie koud en onpersoonlik is nie. Nee, trouens, dat dit suiwer en rein en mooi is – op dieselfde manier as wat die suiwere logika van wiskunde ‘n mens se asem wegslaan in skoonheid. Besin vir ‘n oomblik oor hoe die reg ‘n volmaakte geheel vorm in die afwesigheid van korrupsie, oor hoe dit met elke deel van ons bestaan vervleg is en ons lewens vereenvoudig as ons dit na waarde ag, oor hoe dit ons in staat stel “om eerlik te leef, om geen mens willens en wetens skade aan te doen nie, en om noukeurig aan elkeen te gee dit wat hom toekom,” wat dan ook die grondbeginsels van die reg is, aldus Aristoteles.
Maar voor ons verder tyd verwyl, kom ons stel eers ons span aan jou voor.
Tell me more
After a quarter-century of uninterrupted professional training, 2020 marked a new season with exciting developments for us. You see, the Centre for Conveyancing Practice, established in 1994, and the School for Legal Training, established in 2012, started trading under one new brand in early 2020 - the Gawie le Roux Institute of Law.
It all started in 1994 when Gawie put pen to paper and produced the unique and highly successful Self-study Deeds Course. He saw the high demands of the conveyancing examination and was convinced that his comprehensive set of notes would enable people to prepare effectively for the exam and pass with flying colours. Lo and behold, the enterprise grew into the only bilingual and the biggest private training institution in the field of conveyancing and notarial practice in South Africa.
As the years went by we steadily expanded our array of courses, producing unique diplomas for secretaries and paralegals, a practical course in conveyancing, a conveyancing examination workshop, a course in notarial practice, short preparation courses for the attorneys’ admission examinations, and an impressive number of seminars on various legal topics. The golden thread that runs through all of our courses and seminars is the exceptional quality of our notes and manuals, with which we strive to empower all those working in the legal profession to behold the beauty of the law.
For us, the law is not cold and impersonal. No, indeed, it is pure and clean and beautiful – in the same way that the sheer logic of mathematics is stunning in its beauty. Consider the way in which the law forms a perfect whole when it’s not corrupted, the way it permeates our existence and simplifies life when we pay it due respect, the way in which it enables us “to live honestly, to hurt no man willfully, and to render every man his due carefully,” which is, ask Aristotle, the precepts of the law.
Now, let’s introduce our team to you.