Kursus in aktepraktyk

Daar is vier studie opsies besikbaar vir prokureurs wat die Legal Practice Council se eksamen in aktepraktyk wil aflê. 

Die inhoud van al hierdie kursusse is dieselfde, maar die aanbiedingsformaat verskil.

Zoom-lesings

Leer deur interaksie en baat by gefokusde studieleiding.

Pryse sluit lesings en studiemateriaal in.

NUUT! Jy kan nou jou studiemateriaal met notas van die skyneksamenoefeninge aanvul wat deel uitmaak van die Gestruktureerde 5-maande kursus.  Hierdie skyneksamenoefeninge is ‘n versameling van vrae uit vorige vraestelle sowel as ons opgedateerde modelantwoorde.  Dit sal jou in staat stel om eksamenvrae te oefen en jou beter voorberei vir die akte-eksamen. 
Hierdie stel skyneksamenoefeninge is ‘n bonus produk wat ons slegs aan ons Kursus in aktepraktyk kliënte beskikbaar stel. 
Al skryf jy vir Zoom-lesings in, het jy steeds toegang tot die skyneksamenoefeninge teen ‘n fooi van R1,590 vir die volledige stel. 
Laat weet lindaatgawieleroux.co.za as jy van hierdie opsie gebruik wil maak.

Registrasies sluit een week voor aanvang van lesings.

Spaar met ons vroeë registrasiefooi.

Kyk na die brosjure.

Voordele van ons Zoom-lesings
  • In die verlede was bywoningskursusse gebonde aan sekere plekke.  Nou is al wat jy nodig het om 'by te woon' 'n skootrekenaar en 'n stabiele internetverbinding.
  • Die lesings is lewendig en interaktief.  Dit beteken dat jy vrae aan die dosent kan rig en met ander kursusgangers interaksie kan hê.
  • Jy ontvang 'n studieskedule wat aandui wanneer wat behandel word.  Dit stel jou in staat om so goed moontlik voor te berei vir elke lesing.
  • Hoe gouer jy registreer, hoe vroeër ontvang jy jou studiemateriaal en hoe beter kan jy voorberei vir die lesings en, natuurlik, die eksamens.
Opnames

Kyk enige tyd wat jou pas na opnames van die Zoom-lesings.

Pryse sluit opnames en studiemateriaal in.

NUUT! Jy kan nou jou studiemateriaal met notas van die skyneksamenoefeninge aanvul wat deel uitmaak van die Gestruktureerde 5-maande kursus.  Hierdie skyneksamenoefeninge is ‘n versameling van vrae uit vorige vraestelle sowel as ons opgedateerde modelantwoorde.  Dit sal jou in staat stel om eksamenvrae te oefen en jou beter voorberei vir die akte-eksamen. 
Hierdie stel skyneksamenoefeninge is ‘n bonus produk wat ons slegs aan ons Kursus in aktepraktyk kliënte beskikbaar stel. 
Al skryf jy vir die opnames opsie in, het jy steeds toegang tot die skyneksamenoefeninge teen ‘n fooi van R1,590 vir die volledige stel. 
Laat weet lindaatgawieleroux.co.za as jy van hierdie opsie gebruik wil maak.

Jy het 12 weke om die opnames te kyk en 3 kykgeleenthede per lesing.

Geen afsnydatum vir registrasie.

Kyk na die brosjure.

Voordele van opnames
  • Kyk opnames wanneer jy wil.
  • Drie kykgeleenthede.  Sien meer bepalings en voorwaardes op die registrasieblad.
  • Die fooi sluit opnames en studiemateriaal in.
  • Registreer enige tyd. 
     
Gestruktureerde 5-maande kursus

Hierdie NUWE 5 maande gestruktureerde kursus in aktepraktyk is geskep omdat soveel studente aangedui het dat hulle studieroosters benodig.

Die hoof kenmerk van hierdie kursus is dat hy gepaard gaan met 'n 5 maande studierooster.  Hierdie rooster sal jou help om jou tyd effektief te bestuur en jou studiedoelwitte te bereik.  (Ons beveel aan dat jy jouself 5 maande gee om vir die akte-eksamen te studeer.  Jy kan egter hierdie kursus vinniger voltooi as jy sou wou.)  Registreer hier. 

Kyk na die brosjure.

Voordele van die gestruktureerde kursus

1. Ontvang leiding en struktuur

Ons realistiese studierooster bevat 'n teoretiese komponent én skyneksamenoefeninge.

 

2. Betaal soos jy studeer

Buigsame, bekostigbare opsies om te betaal.  Betaal individueel vir elke module wanneer jy reg is om jou studiemateriaal te ontvang.

 

3. Slegs opnames

Vir jou gemak is hierdie kursus is slegs as opnames beskikbaar.  Jy kan deur die opnames werk soos dit jou pas.  Aanbeveel: Werk deur die teoretiese komponent (video’s en notas) en skyneksamenoefeninge oor ‘n tydperk van 4 maande en gee jouself 1 ekstra maand om onafhanklik te studeer.

 

4. Oefen eksamenvrae uit vorige vraestelle

Die praktiese komponent van elke module bied jou die geleentheid om eksamenvrae te oefen sodat jy die teorie kan verstaan, maar ook kan toepas in die eksamen.

 

5. Registreer en begin enige tyd studeer

Regspraktisyns wat voltyds werk en ook nog vir die akte-eksamen moet voorberei staar ernstige tydsbeperkings in die gesig.  Registreer en ontvang jou studiemateriaal sodra jy reg is om te begin studeer.
 

Kyk hier na algemene kwelvrae.

 

Selfstudie

Ontvang die studiemateriaal (slegs notas) en leer teen jou eie tempo.

NUUT! Jy kan nou jou studiemateriaal met notas van die skyneksamenoefeninge aanvul wat deel uitmaak van die Gestruktureerde 5-maande kursus.  Hierdie skyneksamenoefeninge is ‘n versameling van vrae uit vorige vraestelle sowel as ons opgedateerde modelantwoorde.  Dit sal jou in staat stel om eksamenvrae te oefen en jou beter voorberei vir die akte-eksamen. 
Hierdie stel skyneksamenoefeninge is ‘n bonus produk wat ons slegs aan ons Kursus in aktepraktyk kliënte beskikbaar stel. 
Al skryf jy vir die selfstudie opsie in, het jy steeds toegang tot die skyneksamenoefeninge teen ‘n fooi van R1,590 vir die volledige stel. 
Laat weet lindaatgawieleroux.co.za as jy van hierdie opsie gebruik wil maak.

Geen afsnydatum vir registrasie.

Kyk na die brosjure.

Voordele van ons notas
  • Beskikbaar in Afrikaans of Engels.
  • Heerlik gebruikersvriendelik.
  • Meer omvattend as enige ander stel notas beskikbaar vir eksamenvoorbereiding .
  • Sluit verduidelikende notas, praktiese voorbeelde en gevallestudies in wat die voorgeskrewe eksamensillabus dek.
  • Sluit modelantwoorde vir die laaste drie jaar se eksamenvraestelle in.
  • Geen ander studiemateriaal nodig.
  • Opgestel vir ‘n gehoor sonder enige blootstelling aan en vooraf kennis van aktepraktyk.
  • Notas word voortdurend opgedateer en die nuutste wysigings kan teen ‘n addisionele fooi aangekoop word.
  • Notas is beskikbaar in losbladformaat sodat wysigings maklik bygevoeg kan word.
  • Notas dien ook as waardevolle verwysingsgids in die kantoor.
Ons belofte
  • Ons kursus en kennis, gekombineer met jou toewyding en volharding, gee jou die beste kans om hierdie uitdagende eksamen te slaag.
  • Jy ontvang die mees omvattende en gebruikersvriendelike stel notas beskikbaar vir eksamenvoorbereiding.
  • Ons leer jou nie net van aktes nie, ons leer jou die skoonheid van die reg soos dit uitgedruk en toegepas word in aktes.
  • En bo alles is ons aan jou kant.  Om jou te bemagtig dryf ons vorentoe, jou sukses is ons sukses.
 
Waarvoor wag jy?
×

Join Telegram group

 
Select one or more group/s by pressing ctrl and clicking on the desired group/s you wish to join.
 
×

Admission Application Template Pack

Fill out this form to download your FREE copy of our template pack for the application to be admitted as legal practitioner.

The template pack includes:

  • A checklist for the application for admission in terms of the Legal Practice Act
  • A list of requisite annexures
  • A template for the notice of motion
  • A template for the founding affidavit
  • A template for the supporting affidavit