Werkswinkel vir die notariële eksamen

Hierdie werkswinkel word tans slegs in Engels aangebied.

Vir prokureurs wat die Regspraktisynsraad se eksamen in notariële praktyk wil aflê.

Daardie laaste lopie

Die eksamendatum is om die draai en jy gebruik seker elke af tydjie om voor te berei.  Maar wag 'n bietjie, moenie alleen swoeg nie.  Woon ons 2-dag afrondingswerkswinkel by om die wa finaal deur die drif te trek. 

Weens beperkte getalle word hierdie werkswinkel slegs in Engels aangebied.

Twee-dag afrondingskursus | 08:00-13:00

Interaktiewe aanlynsessies via Zoom.

Opnames is beskikbaar, maar aanlyn bywoning word aangemoedig.

Spesiale aanbod vir bestaande kliënte.

Kan die werkswinkel vir my iets beteken?
  • Ja, as jy reeds vir die eksamen voorberei het, maar nog bietjie onsekerhede en vrae het.
  • Ja, as jy saam met 'n groep deur vorige vraestelle wil werk.
  • Ja, as jy die eksamen voorheen sonder sukses geskryf het.
  • Ja, as jy voorheen vir die eksamen voorberei het, maar nie kon gaan skryf nie.
  • Ja, as jy daardie finale bevestiging wil hê dat jy goed voorbereid is.
     
 
'n Selfvertroue-inspuiting

Gegewe deeglike voorbereiding, glo ons dat 'n groot deel van eksamensukses psigologies is - met ander woorde, 'n goeie dosis selfvertroue.  Met hierdie werkswinkel gee ons jou daardie finale hupstoot deur jou te help om die laaste onsekerhede uit te stryk. Ons gaan saam met jou deur vorige vraestelle en antwoord enige laaste vrae wat pla.  Siende dat ons oortuig is daarvan dat ons Kursus in notariële praktyk voldoende voorbereiding is vir die eksamen, is die doel van hierdie werkswinkel om jou psigologies op 'n goeie plek te laat, met die selfvertroue dat jy oor alles beskik om die eksamen met vlieënde vaandels te slaag. 

NS. Deeglike voorbereiding vir die eksamen is 'n voorvereiste vir hierdie werkswinkel.  Indien jy nie die Kursus in notariële praktyk gedoen het nie, maar onafhanklik voorberei het, is jy steeds welkom om die werkswinkel by te woon. 

 
Waarvoor wag jy?
×

Join Telegram group

 
Select one or more group/s by pressing ctrl and clicking on the desired group/s you wish to join.
 
×

Admission Application Template Pack

Fill out this form to download your FREE copy of our template pack for the application to be admitted as legal practitioner.

The template pack includes:

  • A checklist for the application for admission in terms of the Legal Practice Act
  • A list of requisite annexures
  • A template for the notice of motion
  • A template for the founding affidavit
  • A template for the supporting affidavit