Hierdie program word slegs in Engels aangebied.
Die Gawie le Roux Regsinstituut bied ’n praktiese beroepsopleiding (PBO) program (voorheen bekend as praktiese regsopleiding (PRO)) van 400 uur aan vir voornemende kandidaatprokureurs en kandidaatprokureurs onder kontrak (internskap).
Hoekom moet jy ’n PBO Skool bywoon?
Dit is verpligtend om ’n program van gestruktureerde kursuswerk (regsfakulteit) te voltooi as jy as ’n prokureur toegelaat wil word.
Wanneer moet jy kies om die 400 uur-program te doen?
As een van die volgende twee scenario's op jou van toepassing is:
- Scenario 1: As jy nie ’n PBO-kontrak het nie, of dit moeilik vind om ’n kontrak te kry, bied die 400 uur-program die volgende voordele:
- Na voltooiing van die 400 uur-program kan jy ’n eenjaar-PBO-kontrak sluit in plaas van 'n tweejaarkontrak – (Reg 6(1)(b)). (Die enigste vereiste is dat jy jou 400 uur-bevoegdheidsertifikaat saam met jou eenjaarkontrak by die RPR vir registrasie indien.)
- Jy mag jou bevoegdheidsgebaseerde eksamens (“raadseksamens”) onmiddellik na voltooiing van hierdie program skryf - Scenario 2: As jy vir meer as een jaar (12 maande) ingevolge 'n tweejaarkontrak (24 maande) gewerk het en die 400 uur-program gedurende daardie 12 maande "buite jou normale werkure" voltooi het, kan jy aansoek doen vir toelating en inskrywing as 'n prokureur – (Reg 6(2)). Die praktiese voordeel is dat jy jou verpligte tweejaar praktiese beroepsopleidingskontrak (internskap) tot net een jaar mag verkort.
Wat is die voordele van die 400 uur-program?
- Dit is ’n omvattende program wat jou beter sal toerus vir die werkplek.
- Jy kan die hele program aanlyn van jou huis af doen.
- Jy kan ’n eenjaarkontrak (in plaas van ’n tweejaarkontrak) of ’n tweejaarkontrak sluit indien nodig.
- Jy mag die bevoegdheidsgebaseerde eksamens skryf na voltooiing van hierdie program.
- Studente wat die 400 uur-program voltooi het, kwalifiseer vir 15% afslag wanneer hulle vir die toelatingseksamenkursusse vir prokureurs registreer om vir die bevoegdheidsgebaseerde eksamens voor te berei.
- Jy kan jou tweejaarkontrak tot een jaar verkort (sien scenario 2 hierbo).
Na suksesvolle voltooiing van hierdie program:
Jy sal ’n sertifikaat van bevoegdheid ontvang wat deel vorm van jou aansoek om toelating en inskrywing as ’n prokureur.
Hoor wat GLR-alumni te sê het oor hulle ervaring by ons Instituut.
Vakke vir die 150 uur- en 400 uur-programme is dieselfde, maar die voorgeskrewe veronderstelde ure wat aan lesings en opdragte bestee word verskil.
- Constitutional law
- Ethics for legal practitioners
- Delictual & personal injury claims
- Civil procedure & trial advocacy
- Criminal court practice & trial advocacy
- Labour dispute resolution
- Alternative dispute resolution
- Legal practice accounts management
- Wills & estates
- Matrimonial matters & divorce
- Legal costs
- Drafting of contracts
- Introduction to cyber law
- Introduction to practice management
Roosters vir 2025 is nou beskikbaar.
- ’n LLB-graad van ’n Suid-Afrikaanse universiteit; of
- ’n Regsgraad in 'n ander land, wat gelykstaande is aan die Suid-Afrikaanse LLB-graad, en wat deur SAQA as ekwivalent erken word. (Let asseblief daarop dat bevestiging van buitelandse akkreditasie deur SAQA die uitsluitlike verantwoordelikheid van die aansoeker is); en
- ’n Gemiddeld van 55% of meer in jou graad (hierdie vereiste kan na goeddunke van die Skool se hoof kwytgeskeld word).
- Die 400 veronderstelde ure wat deur die RPR vir hierdie geakkrediteerde program voorgeskryf word, bestaan uit lesings en huiswerk. ('Huiswerk' is tyd wat vir voorbereiding, werkopdragte, verdere leeswerk en assesserings toegewys word.)
- Daar is twee opsies beskikbaar vir lesings -
- aanlyn bywoning van lesings; en
- deur na opnames van hierdie lesings te kyk.
- Alle vakke sal aanlyn aangebied word en sal via opnames beskikbaar wees, behalwe die volgende twee, wat óf persoonlik óf aanlyn aangebied sal word en intyds bygewoon moet word, naamlik: Civil procedure and trial advocacy (4½ weeksdae); en Criminal court practice and trial advocacy (3 weeksdae).
- Die lesings vir hierdie twee vakke sal persoonlik en gelyktydig aanlyn in Pretoria (Lynnwood) aangebied word. Die duur sal dieselfde wees ongeag of jy persoonlik of aanlyn bywoon. Opnames sal nie vir hierdie twee vakke beskikbaar wees nie.
- Assessering vir elke vak sal aanlyn wees.
- Die gelde sluit alle studiemateriaal (PDF-formaat), lesings en toegang tot die aanlynportaal in, waar van toepassing.
- Roosters vir 2025 is nou beskikbaar. Die Skool behou hom die reg voor om die rooster te wysig. Jy sal so gou moontlik in kennis gestel word indien dit nodig is om enige veranderinge aan te bring.
- Die doel van hierdie program is om jou te help om die gaping tussen teoretiese kennis en die toegepaste begrip wat vir regspraktyk vereis word, te oorbrug.
- Ons streef daarna om jou toe te rus met die praktiese vaardighede wat jy nodig het om sukses te behaal in die regsprofessie.
- Ons dosente is gesaghebbend op hulle onderskeie vakgebiede en put uit ’n groot poel persoonlike ervaring om ’n kompakte leerervaring van hoë gehalte te bied.